Goeie dag dames

 

Ek groet elkeen van u in die lieflike Naam van Jesus Christus.

 

Graag nooi ons u uit na ons volgende God’s Karoo Women Konferensie wat plaas vind, Saterdag, 2 November 2019 en Sondag, 3 November 2019 te Willowmore Skougronde.

 

Nooi gerus jou vriendin/moeder/suster of enige dames in jul gemeente om hierdie  geleentheid by te woon.

 

DAMES IS WELKOM OM REEDS Vrydag die 1ste November in te boek en sodoende saam deel wees van Vrydag aand se lofprysing.  Ons gebed is dat die konferensie `n hoogtepunt in u lewe sal wees en ons glo dat u, na afloop van die God’s Karoo Women Konferensie, waarlik in Woord en Gees nog meer verryk na u huis sal terugkeer.

 

ʼn Spesiale woord wat vir ons uitstaan vir ons konferensie:

“Matt.5:6 – Blessed are those who hunger and thirst for righteousness, for they shall be satisfied”

 

Vervolgens bring ons graag onderstaande reëlings onder u aandag vir die 2019 se God’s Karoo Women Konferensie.

 

Vanjaar se sprekers sal fokus op die tema soos God ons gelei het, naamlik:

“God’s light through your brokenness.”

 

Danie Botha en Liesel Krause-Wiid is die spreker en spreekster vir 2019 se God’s Karoo Women Konferensie.

“Worship “sal gelei word deur Barneace Slabbert die jaar.

 

REGISTRASIES:

 

Registrasie fooi is R250.00  (Etes uitgesluit) 

Registrasie open alreeds Vrydagmiddag om 15:00 – 18:30.

Saterdagoggend hervat registrasie om 07:00 – 08:45.

 

NEEM KENNIS:    REGISTRASIE KANSELLASIES IS NIE TEN VOLLE TERUGBETAALBAAR NIE. 

50% VAN U REGISTRASIE ONKOSTE SAL VERBEUR WORD A.G.V. BANK ONKOSTES.

                 

  • Alle etes is vir u eie onkoste.  Daar sal wel  verskeide kosstalletjies met `n verskeidenheid lekkernye wees, asook water/koeldrank/tee en koffie.

  • Daar is `n paar oulike restaurant op Willowmore wat ons met `n geruste hart kan aanbeveel, met verlenge na ure diens vir u gerief. Heerlike kos by almal te verkry. U kan gerus hierdie restaurante in die dorp ondersteun. 

  • Dames is welkom om ook hul eie kospakkies en versnapperings saam te bring sou hulle dit so verkies.

  • Vir enige navrae rakende registrasies skakel  071 398 6397 of epos godskaroo@gmail.com

BAIE BELANGRIK

Gebruik asb u I.D. NOMMER as VERWYSINGS tydens betaling en bespreking.

Indien U nie toegang tot internet het nie. Kontak ons vir alternatiewe registrasie reëllings

AKKOMMODASIE:

Akkommodasie is jou eie verantwoordlikheid.

 

Besprekings moet direk gemaak word by die kontak persoon soos aangedui  hieronder.

Kampeerplek  en ramhokke op Skou terrein gronde

Amour Strydom

rensreich@igen.co.za

082 459 6696 of 044 923 1066

U is verantwoordelik vir Eie tente,  beddegoed en kampeer benodighede.

 

Privaat akkommodasie

Chris-Mari

hostelaccom@gmail.com

083 667 3136

 

Willowmore Skool Koshuis

BACKPACKERS!!

Chris-Mari

hostelaccom@gmail.com

083 667 3136

 Eie beddegoed moet gebring word asook `n slot.

Neem ook kennis dat geen etes word voorsien by die koshuis nie. (Back Pack fasiliteit)

Vir meer opsies rakende akkommodasie in en rondom Willowmore, Steytlerville, Rietbron en Baviaanskloof, besoek gerus www.baviaans.co.za of www.willowmore.co.za

 

Dames, neem asseblief kennis  dat die konferensie in sekere opsigte soort gelyk aan “Mighty Men konferensie is”.   

 

Dit is ‘n tipiese Karoo-wêreld, stowwerig en warm. Hierdie is `n naweek sonder luukshede, `n naweek wat gaan oor `n VARS ONTMOETING MET GOD.   Kom gemaklik, en net soos jy is.

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS, DAT DIE REGISTRASIE-DAMES GEEN AKKOMMODASIE BESPREKINGS HANTEER NIE.

DIT IS TOTAAL EN AL U EIE PERSOONLIKE VERANTWOORDELIKHEID SOOS REEDS HIERBO UITEENGESIT

LET WEL:  Geen akkommodasie besprekings sal aanvaar word alvorens u nie eers geregistreer en betaal het nie

 

HEMDE

 

Hierdie jaar bied ons `n ligte PERS T-Hemp/en `n bietjie meer donkerder PERS Golf Hemp aan.   Asseblief neem kennis dat voor af bestellings  gedoen kan word om sodoende enige posgelde

te vermy.

 

Sou dit gepos moet word is koerier onkoste R60.00.

 

Pryse is beskikbaar op aanvraag.

Kontak gerus vir Ursula Hurter – 071 398 6397 of epos godskaroo@gmail.com.

 

(Dink net hoe indrukwekend gaan dit lyk as ons almal met ons pers hemde daar staan!).

ALLERLEI:

‘n Parkeerarea is by die Laerskool toegeken.   Duidelike aanwysings sal beskikbaar wees.

 

 Die skool is loopafstand vanaf die skougronde – volg net die aanwysings, dit sal u aanwys tot op die skougronde.

 

Daar sal sekuriteit teenwoordig wees. Ons wil net duidelik onder u aandag bring dat u op eie risiko parkeer en dat ons geen verantwoordelikheid vir enige skade of verlies wat u mag lei, aanvaar nie

 

Geen voertuie word toegelaat op die skougronde nie. (Slegs wanneer kampeer toerusting af en opgelaai word).

 

Spesiale voorkeur sal egter verleen word aan persone met rolstoele/loop ringe / en so meer.

Kontak ons vir reëllings tref asb, sodat ons `n spesiale permit aan u kan uitreik.

 

Verskeie Restaurante, Kafee’s en ATMs is beskikbaar in die dorp.

 

Noodhulp sal ook beskikbaar wees.

 

Besoek gerus ons webtuiste: www.godskaroowomen.co.za en sluit aan by ons Facebookblad: 

 

Geen kinders onder die ouderdom van 10 jaar.

Mammas dit is jul af naweek sodat jul in God se teenwoordigheid kan kom rus.

 

Ons nooi ook die hele huisgesin uit om Sondag die God’s Karoo Women Konferensie by te woon.

 

Kom met ʼn verwagting!   Dit gaan ʼn wonderlike tyd in u geestelike lewe wees!

 

Ns. Asseblief onthou om een rolletjie toilet papier saam met u te bring die jaar.  

Dankie

 

Groetnis

Sonja Spies / Madelyne Victor/Amour Strydom

Organizers:

 

                                 Amour Strydom:     082 459 6696 or email rensreich@igen.co.za

                                 Madelyne Victor:    082 326 2089 or email godskaroo@gmail.com

                                 Sonja Spies:              083 658 4000 or email godskaroo@gmail.com

Rekening Naam:

Gods Karoo Women NPC

Bank:

First National Bank

Tiepe Rekening:

Current

Tak Kode:

254 005

Rekening Nr:

6253 5629 234

Verwysing :

Jou ID nommer  

© 2015 Gods Karoo Women  by Ezee Services

Registration Nr 2018 / 514695 / 08   -   Tax Nr: 9018949272

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now