Willowmore is amptelik in 1874 gestig nadat dit begin het as 'n handelspos op die plaas, The Willows. Volgens sommige is die dorp vernoem na William Joseph Moore, wat die plaas ‘The Willows’ besit het, waarop die dorp uitgelê is. Meer romanties, is daar ander wat glo dat ‘n boer, Luhmkuhl, sy vrou, Petronella Catherina Moore, se nooiensvan kombineer het met ‘n groot wilgerboom wat naby aan die huis gestaan het.

Vir baie jare was boerdery die hoofbron van inkomste vir diegene wat in die gebied gewoon het en sedert die laat 1900's is dit is een van die grootste sybokhaar produserende gebiede in die wêreld. Die dorp is een van die min areas in die gebied wat nie oor water bekommerd hoef te wees nie, aangesien volop water voorsien word deur boorgate op die naby geleë plaas Wanhoop, 26km van die dorp.

Selfs al word Willowmore word beskou as die westelike poort na die baie gewilde  Wêreld Erfenis gebied, die Baviaanskloof, is dit ook beslis ‘n bestemming in eie reg. Daar is talle historiese besoekpunte, interessante winkeltjies, goeie gehalte eetplekke, pragtige tuine en vriendelike mense wat dit sowaar ‘n plesier maak om die dorpie te besoek en verken. Voeg daarby 'n misdaadvrye, veilige omgewing, en jy het die ideale Karoo vakansie bestemming gevind.

 

 

DIE ONTSTAAN VAN GOD`S KAROO WOMEN
As `n mens vol ``lewensflops`` het ek God as lewend, baie jare terug, ervaar. Met die klem op
ervaar. Ek was nog nooit `n ``ja en amen`` mens nie. Goed moes sin maak en so ook die pad na
God. Toe Hy Homself dus aan my openbaar, was daar nooit weer `n ``omdraai`` nie.
Dit beteken egter nie dat ek foutloos deur die lewe gaan nie, nee, hierdie lewe wil geleef wees. Die
verskil is net dat ek nou in God se rus leef, in die wete dat Hy my Leidsman en Voorsiener is en die
grootste ``WOW!!!!! is dat hy my liefhet.
``Thats why I can face tomorrow...........because He lives.``
Ek het `n passie vir mense, en dis `n heerlike ervaring om `n positiewe bydrae te maak in mense se
lewens. In God se liggaam is ek dus een van die tone aan die voet. `n Baie klein deeltjie.
Om dus die lewe daagliks van ``krip na kruis`` te leef en die geleenthede op my pad raak te sien en
uit te daag, is `n bevrydende ervaring.
Ons beland in Willowmore, `n dorpie in die Karoo.
…..........en ek is by die huis!!!!
Die omgewing en sy mense is soos my ouerhuis...........en ek noem dit ``myne``
As jongeling het God my reeds begin blootstel aan die organiseer van geleenthede. Met elke
geleentheid het `n nuwe aspek bygekom. Stap vir stap leer Hy my, want sien, God het geweet dat ek
reeds lank terug die begeerte had om `n groot saamtrek vir Hom te doen.
Op Willowmore ontmoet ek `n Jackie Barnardt, `n Kobus en Laurette Lötter, `n Cornie van
Schalkwyk en tesame met my ``altyd daar wees`` man en suster, Borsie en Lenór, raak dié mense
die wind onder my vlerke …............en my droom word `n werklikheid.
Ek en Cornie besluit op `n datum en `n naam. Ons ontmoet `n dinamiese stukkie mens wat `n
heerlike, aggressiewe bemarkingstyl loods by name Sonja Spies, en op 7 en 8 November 2015 vind
die eerste vrouesaamtrek soortgelyk aan Mighty Men, met 1100 vroue op Willowmore plaas.
Wat `n wonderlike ervaring!!!!!( Binne-in `n hewige donderstorm)
Met Danie Botha se absolute ``hand-on`` styl en my boeta, Arno Ferreira (nogsteeds vir my `n
wonderwerk) se unieke lofprysingsstyl, vorm God die basis van hierdie geleentheid. Ons eerste
vrouespreekster, Pastoor Linda Prinsloo, raak baie harte en tussen hierdie 3 mense word daar
hierdie naweek siele vir Jesus gewen!!!
Ons 3 organiseerders, Cornie, Sonja en Amoúr, tesame met elke mens wat op een of ander wyse
betrokke was om die ``ratte ge-olie`` te hou, kon God se hand in letterlik ALLES ervaar.
God`s Karoo Women gaan jaarliks die eerste naweek in November ``gebeur`` en dit gaan jaarliks in
Willowmore wees.

Die registrasieproses sal altyd eers teen einde Januarie begin en inligting
sal op ons website www.godskaroowomen.co.za beskikbaar wees.
Ons embleem: ``This is my desire to honour You, Lord``sal altyd in alles ons vertrekpunt bly.
Shalom

Amour Strydom

 

Hoekom Willowmore?

 

As die enigste Karoodorp met die unieke stempel van gasvryheid, almal praat altyd van Willowmore se mense, kan dit nie anders. Willowmore is `n klein plattelandse dorpie aan die beginkant van die bekende Baviaanskloof. Ryk aan stories van legendes uit sy `kinderdae` is dit juis hier waar almal een of ander tyd net kom `batteries laai`n Heerlike atmosfeer.

Die bekende Karoo2Coast vanaf die buurdorp Uniondale, lok ook menigtes na Willowmore. Daagliks ry duisende besoekers nadie kus of kloof deur Willowmore wat gou-gou `n koffietjie drink en so die wonderlikeambiance verseker wat in die hoofstraat met sy aantreklike winkeltjies heers.Hoe dan anders dat die idee om God`s Karoo Women aan te bied uit hierdie dinamika sou ontstaan en Willowmore die gasheer van `n heerlike Goddelike ervaring gaan wees!!!

 

© 2015 Gods Karoo Women  by Ezee Services

Registration Nr 2018 / 514695 / 08   -   Tax Nr: 9018949272

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now